Inligting oor hierdie kursus
13 Ure + Videoklasse met ‘n Oefen- en Antwoordboek.
Ons Graad 12 Wiskunde-kursus is ‘n omvattende pakket wat met sorg en aandag saamgestel is om studente te help om nuwe hoogtes in Wiskunde te bereik. Hierdie kursus bied ‘n volledige teoretiese oorsig van kernkonsepte en dek ‘n wye reeks uitdagende voorbeelde om jou optimaal voor te berei vir die eindeksamen.
Wat hierdie pakket uniek maak:
- Omvattende Inhoud: Hierdie kursus strek verder as net ‘n oppervlakkige uitleg. Ons gee jou die volle prentjie van elke wiskundige konsep, van basiese beginsels tot meer komplekse, uitdagende vrae wat in die eksamen gevra kan word.
- Oefen en Antwoordboek: By jou inskrywing ontvang jy ‘n omvattende oefenboek saam met ‘n volledige antwoordstel. Dit is jou beste hulpmiddel om jou vaardighede te slyp, jou antwoorde na te gaan, en seker te maak dat jy elke onderwerp verstaan.
- Volledige Dekking van die CAPS kurrikulum: Ons kursus dek die volledige CAPS kurrikulum vir Graad 12 Wiskunde, van algebra tot waarskynlikheid en alles tussenin. Of jy nou wil uitblink of sukkel met spesifieke temas, hierdie pakket is vir jou.
- Uitdagende Voorbeelde: Ons kursus bevat ‘n groot verskeidenheid van moeilike voorbeelde wat jou help om nie net die eksamenvrae te verstaan nie, maar om met selfvertroue die vrae te antwoord. Dit gee jou die kennis en die vaardigheid om sukses te behaal in jou eindeksamen.
- Selfgeleide Leer: Jy bepaal jou eie tempo. Die video lesse is beskikbaar enige tyd wanneer jy dit nodig het. Dit stel jou in staat sodat om te studeer volgens jou eie skedule en gemak.
- Hulp van Kipi Bot: Kipi bot is 24/7 beskikbaar om te help met alles wat jy aan kan dink, insluitend voorbeelde in jou oefen boekies.
By Kipimo glo ons dat elke student die potensiaal het om uit te blink, en ons wiskunde-kursus is ontwerp om daardie potensiaal te ontsluit. Met ons hulpbronne tot jou beskikking, is sukses nie net moontlik nie – dit is binne jou bereik.